Ons blogs het twee kategorieë. Die eerste een is ons reekse en gee 'n kort opsomming van elke reeks wat ons tot dusver gedoen het. Ons deel die herhinneringe en gee insigte oor die effek wat ons reekse op ons gehad het. Ons tweede katogorie gee geleentheid vir ons lede se geloofinsigte. Hierdie is nuut op op webwef maar die hoop is dat dit 'n plek kan word waar vrouens mekaar kan inspereer en by mekaar kan kom leer.
Ons sien uit om sommer baie vrouens van alle kerke, tale en kultuurgroepe hier te ontmoed.

Kennis begin met die dien van die Here (Spreuke 1:7). Die Woord van die Here het baie te sê oor die insameling van Goddelike kennis, en die oordra daarvan aan ons kinders en dié wat nie weet nie. God eis van ons gehoorsaamheid. Kennis is dus om te weet: wat wil God hê!
Hoe kan ons tussen ware en vals kennis onderskei?