Skip to main content

WANNEER DIE HART VOL IS, BORREL DIT OOR.

Hoe wonderlik is dit net nie, om vir ‘n hele naweek in God se teenwoordigheid en naby Sy skepping te kan wees.  ‘n Naweek waar God elke vrou ontmoet net daar waar sy is en haar opnuut laat besef dat sy waardig is. Perfek in haar gebrokenheid. ‘n Naweek van net saamwees; saam vroegoggend koffie drink soos wat die son sy kop uitsteek, saam lag, saam huil, saam aanbid, saam getuig en saam die doop vier. Dit is genade onbeskryflik groot!

Die Battle Girlz-bediening, onder leiding van Elize Damon, het ‘n eerste, uiters suksesvolle

en geesvervulde damesnaweek agter die rug. Die naweek het vanaf 23 tot

25 Mei te Sionsbergh kampterrein net buite Heidelberg plaasgevind.

Vrydagmiddag het die dames die geleentheid gehad om lekker saam met vriendinne nes

te skop en die omgewing te verken. Die naweek se bediening het afgeskop met ‘n

lof en aanbiddings-sessie deur Sonette en Tommie Shield.

Die teenwoordigheid van die Gees was tasbaar en dit som die aand perfek op.

Die saambid, omgee vir mekaar en die saamvoel hoe die Gees in ons werk was merkwaardig.

Gerda Fouché en Lana Kruger het harte diep aangeraak met hulle getuienisse.

Hierna was eers Susan Coetzer, toe Rykie van Rensburg en Elize Steyn aan die beurt om

die dames te verryk. Daar was vers kartering gedoen, met die fokus op Johannes 3:16. Verskillende bybelvertalings is ontleed en sleutelwoorde is tot op die wortel ontrafel.

Ons gebrokenheid kan ons so maklik definieër. Met elke kaphou op die teël wou Rykie

die dames laat verstaan dat hulle steeds oukei is in hul gebrokenheid. Al die

stukkies word weer bymekaar gevoeg om die mooiste, nuwe, volmaakte, gebroke jy te vorm.

Hierdie tema het raakgevat, gaan vassit en het losgeruk wat moes uit.

Die eindresultaat van die middag se mosaïek sessie, met SteynQ aan die stuur van sake,

was ‘n kaleidoskoop van unieke temas en kleure. ‘n Eie kruisie om aan die einde

van die naweek te kon saamneem.

Sondagoggend se gebedstap om die dam was die perfekte wyse om ‘n

Jesus-naweek af te sluit.

Wat die hart van vol is . . . ja, die wat die naweek bygewoon het, se harte

is defnitief tot oorlopens toe vol dankbaarheid. Dankbaarheid om te besef sy is

‘n waardige koningsdogter, dankbaarheid vir geloofsussies wat ondersteun; dankbaarheid

om geesvervuld te mag lewe. Dankbaarheid vir volkome vergifnis.

Ons Tweede Kamp - Februarie 2026

Ons tweede Battle Kamp was weereens 'n hoogtepunt vir die dames.  Elke dame het persoonlik woord gekry.  Die sprekers het riglynne gee oor hoe om God in 2026 te soek.  Ons het 'n jong aanbiddingspan ingewei en die Sondagogged het ons laag vir laag ons dimensies en uitdagings in God is hande geplaas met 'n praktiese uitbeelding.

Ons Volgende Kamp

Bespreek jou plek

Legal Notice

Battle Girlz

Mobile: 060 718 8935
E-Mail:elize@digi20.co.za